Just Property

0/3

Blog

Wat Huurders Moet Weet Oor Hul Tuiste Se Beheerliggaam

Wat Huurders Moet Weet Oor Hul Tuiste Se Beheerliggaam

23 January 2018

Uitspattige geraas, onbedagsame parkering, olie vlekke op plaveisel, sattelietskottels wat op die verkeerde plekke opgerig is, oorbevolking by eenhede, blaffende honde…beheerliggame moet verskeie klagtes hanteer. Maar indien die bewoner van ’n eenheid ’n huurder is, wat is die korrekte prosedure in so geval? Hiermee vier relevante vrae, te same met beskrywende antwoorde.

  1. Kan ’n beheerliggaam ’n geskil met ’n huurder aankondig?

    Die Huurbehuisingswet 50 van 1999 hanteer slegs geskille tussen beheerliggame en eienaars, of tussen verskillende eienaars. Dit is juis hieroor dat die noodsaak van ’n goeie huuragent beklemtoon word wat die prosedure kan fasiliteer indien ’n geskil kop uit steek.

    ‘Indien die beheerliggaam ’n geskil met ’n huurder het, word dit na die eienaar verwys. As besturende agente, ondersoek ons die saak namens die eienaar van die eiendom, en is die skakel met die beheerliggaam om die geskil te verstaan en om vorendag te kom met gepaste oplossings, insluitende waarskuwings en boetes,” verduidelik Natasja Vincent, bestuurder van Just Property Port Elizabeth se huur afdeling.

    Samantha Craddock van Kaplan Blumberg Prokureurs verduidelik verder: “Indien die huurder nie die oortreding regstel na ’n waarskuwing kennisgewing nie, kan die beheerliggaam ’n boete oplê wat elke maand verskuldig is, wat by die eienaar se heffing bygevoeg word, tot die oortreding reggestel is. Die eienaar op sy beurt kan weer die verlies op ’n siviele manier herstel of die huurder uitsit.”
  1. Kan ’n huurder uitgesit word of verantwoordelik gehou word vir heffings indien die eienaar opgehou het om dit te betaal?

    “Nee,” sê Vincent. “Indien ’n eienaar versuim om sy/haar heffing te betaal, kan die beheerliggaam nie aksie teen die huurder neem nie aangesien hul nie die geregistreerde eienaar is nie,” Wettiglik is die eienaar verantwoordelik vir die heffings en die beheerliggaam moet dit met die eienaar aanspreek.

    Craddock bevestig dat solank ’n huurder se huur op datum is en hul nie in enige oortreding betrokke is nie, is hy/sy geregtig om die gehuurde perseel te bly tot die huurkontrak verval het.
  1. Wat gebeur indien die huurder verantwoordelik is vir die betaal van heffings volgens die huurkontrak maar versuim of weier om dit te betaal?  

    ’n Huurder mag nie vir die betaling van heffings verantwoordelik gehou word nie,” sê Vincent. “Die huurder kan slegs gefaktureer word vir bedrae wat deur die beheerliggam aangevra word vir tuindienste, nutsdienste en/of enige sulke kostes in die huurkontrak gestipuleer is. Nietemin rus die verantwoordlikheid op die eienaar. Dieselfde is van toepassing tot munisipale rekeninge. Die rekeninghouer (eienaar) is verantwoordelik vir die betaling ongeag of die huurder ingestem het om dit te betaal of nie.”
  1. Huurders ken dikwels nie die reëls van die beheerliggaam nie. Wie se verantwoordelikheid is dit om die huurder daaroor in te lig?

    “Die Huurbehuisingswet verwag van die eienaar van ’n deeltitel eenheid wat die huurkontrak in skrif laat optrek het, om ’n kopie van die reëls by die huurkontrak aan te heg. By Just Property maak ons dit die besturende agent se verantwoordelikheid om te verseker dat ’n kopie van die reëls aangeheg is tot die huurkontrak wanneer dit aan die huurder voorsien word om te teken,” sê Vincent. “Beste praktyk is dat die huurder teken en erkenning aanbied dat hul die reëls ontvang, gelees en verstaan het.” Brian van Wyk, ’n franchise-eienaar van Just Property in Gauteng, verseker agent nakoming hieroor deur met huurders op te volg nadat hul ingetrek het. Hul ontvang ’n gedetaileerde terugvoer dokument wat die vraag insluit: ‘Het u ’n kopie van die huurkontrak, inspeksie dokument, huurgids en huisreëls ontvang?’ wat dadelik gevolg word deur ‘Was u tevrede met die oorhandiging proses?’. Dit verskaf agente met ’n manier om situasies te identifiseer waar huurders nie ordentlik ingelig was oor die beheerliggaam se reëls nie.

    Hou in gedagte dat enige geskille met die beheerliggaam altyd onder die aandig van die eienaar van die eenheid gebring sal word - die eienaar is op die einde verantwoordelik om hierdie kwessies met die huurder te hanteer en dat hy/sy voldoen aan die reëls. Om te kan bewys dat ’n huurder die reëls gelees en verstaan het kan help om enige dispuutbeslegtingspogings meer duidelikheid te gee.

Vir meer inligting oor Just Property besoek gerus www.just.property of skakel (087) 044 0149

Volg ook Just Property op Facebook https://www.facebook.com/JustPropertySA/ en Twitter https://twitter.com/Just_Property.

Just Property LET'S OPEN DOORS