Just Property

0/3

Blog

Share Post
Verstaan Hoe Werk Jou Huurdeposito

Verstaan Hoe Werk Jou Huurdeposito

23 January 2018

Een van die algemene konflikte tussen huuragente en huurders is die kwessie oor die terugbetaling van die huurder se deposito.

Die tydperk wat dit neem vir die agent of verhuurder om die deposito terug te betaal is veral kommerwekkend, aangesien meeste huurders hierdie fondse as deposito vir hul nuwe woonplek wil gebruik.

“Gelukkig kan hierdie konflik maklik verhoed word deur versigtig die huurkontrak deur te gaan en notas te neem van enige kontraktuele verpligtinge waarmee jy vooraf instem,” sê Paul Stevens, hoof uitvoerende beampte van Just Property.

Wanneer dit spesifiek by die terugbetaling van deposito’s kom, spel die huurkontrak dit gewoonlik uit dat ’n inspeksie binne sewe dae na die beëindiging van die kontrak uitgevoer sal word, en indien daar geen skade opgemerk word nie, dat die deposito binne die sewe-dae periode terugbetaal sal word.

Indien daar egter skade is wat herstel moet word, word die huurder of huuragent egter ’n verdere 14 dae toegeken om die herstelwerk te voltooi - waarna die eks-huurder met die faktuur as bewys van kostes voorsien word, en die verskil tussen die oorspronklike deposito en kostes dan terugbetaal word. Dit beteken dat dit moontlik is dat die herbetaling tot en met 21 dae kan neem in totaal, terwyl dit nogsteeds by die terme van die kontrak hou.

Baie huurders verstaan nie heeltemal hierdie klousule nie en dit is waar die potensiaal vir konflik ontstaan.

Hier is ’n paar klousules waarvan huurders bewus moet wees:

•Die deposito mag deur die verhuurder/huuragent gebruik word om enige kostes van enige herstelwerk of skade te dek waarvoor die huurder verantwoordelik is wanneer hy/sy die perseel ontruim, of om enige agterstallige betalings waarvoor die huurder verantwoordelik is te dek.

•Die skade deposito sal elke jaar vermeerder word teen dieselfde proporsie as wat die huur vermeerder word. Die huurder moet hierdie ekstra bedrag op dieselfde tyd betaal as wanneer hy/sy die eerste vermeerderde huur van die nuwe jaar betaal.

•Die agent moet die deposito in ’n rentedraende trust rekening vir die verloop van die kontrak hou.

•Indien die agent die deposito moet gebruik om die laaste maand se onbetaalde huur te dek, dan word die deposito dadelik verskuldig aan die agent.

“Soos mens kan sien is daar klousules wat beide die huurder en die verhuurder of agent beskerm,” sê Stevens. “Maak seker dat jy ten volle die vereistes van jou kontrak verstaan het, enige bekommernisse aangespreek het, en ’n ooreenkoms met jou agent of verhuurder aan gegaan het wat vir jul albei aanvaarbaar is.”