Just Property

0/3

Blog

Hoe Om Te Bepaal Watter Huurbedrag Jy Kan Bekonstig

Hoe Om Te Bepaal Watter Huurbedrag Jy Kan Bekonstig

13 March 2018

’n Baie interessante waarneming het tot die lig gekom in PayProp Suid-Afrika se Huur Indeks vir die derde kwartaal van 2017. Met die ontleding van watter persentasie van inkomste op huur spandeer word, het PayProp ontdek dat hierdie geneig is om toe te neem soos inkomstes ook verhoog; huurders in die boontste drie huurvlakke betaal almal meer as die aanbeveelde persentasie van inkomste op hul huur.

Die huur-tot-inkomste verhouding van diegene in die R7,000 - R10,000 huurvlak was 31.1%. Dit was 34% vir diegene met huur tussen R10,000 en R15,000, en 35.5% vir die wat meer as R15,000 betaal. PayProp het ook opgemerk dat huurders in hierdie huurvlakke meer dag-tot-dag rekeninge gehad het soos kleinhandel rekeninge en selfoonkontrakte asook hoër skuld terugbetalings.

Die algemene aanvaarbare reël is dat huurbetalings nie meer as 30% van ’n persoon se inkomste moet wees nie, maar Paul Stevens, hoof uitvoerende beampte van Just Property, glo dat dit ’n verouderde en oorvereenvoudige reël is en nie altyd van toepassing is nie.

“’n Baie beter benadering om uit te werk watter persentasie van inkomste jy vir huur kan bekostig sal wees om die berekening met ’n hele ander metode uit te werk,” sê Stevens. “Begin met ’n realistiese begroting wat alle (nie-onderhandelbare en diskresionêre) uitgawes insluit, en wat ook voorsiening vir ’n spaarplan maak. Dit behoort jou ’n goeie indikasie te gee van watter bedrag vir behuising beskikbaar is. Verantwoordelike huurders sal voorsiening maak vir noodfondse wat ten minste drie maande se huur en skuldverpligtinge kan dek indien hul hul inkomste sou verloor.”

Stevens beklemtoon egter dat deur jou eie verband af te betaal, in plaas van iemand anders s’n (deur huur), kan ook ’n metode wees om langtermyn rykdom te verseker. Maar om ’n huis te besit vereis fiskale dissipline: daar is instandhouding en versekering kostes, verband terugbetalings, nutsuitgawes en ander bykomstighede. Terwyl die neiging is om die beste huis te huur wat jy kan bekostig, sal huurders wys wees om hul persentasie wat hul op huur spandeer te verminder om sodoende soveel moontlik te spaar tot ’n deposito op hul eie toekomstige (moontlike) huis.

“Hoe meer jy kan spaar, hoe beter af sal jy wees as ’n huiseienaar. Jy sal moet bereid wees om opofferings te maak, en weereens is daar geen ‘magiese formule’ nie,” sê Stevens. Sy raad is dat persone moet kyk na hul diskresionêre uitgawes (soos byvoorbeeld om uit te eet, ander vermaak, vakansies en modes) en van dit uit te sny om sodoende meer te spaar. “Ontwerp jou eie ‘droomplan op papier’ om sodoende visueel te kan sien waarna jy werk; dit sal dit baie makliker maak om daardie uitnodigings om uit te eet nie te aanvaar nie indien jy ’n duidelike prentjie het van die lang termyn voordele wat jy sal hê as gevolg van kort termyn opofferings.”

Opofferings sal huurders in staat stel om te spaar vir hul eie huis, maar nuwe huiskopers moet ook hul diskresionêre uitgawes sny waar moontlik. Soos Stevens dit uitspel: “Jy wil jou huisverband so gou moontlik afbetaal en geld wat in jou verband betaal word is die mees doeltreffendste beleggings manier wat daar is.”

Stevens se raad reflekteer ook Just Property se etos; dit het ’n reputasie vir uitmuntende opvoedkundige produkte wat ontwikkel word vir hul eiendomsvennote, hetsy kopers of verkopers, om sodoende hul te help om eiendom te gebruik as ’n rykdom skeppingsinstrument. Stevens beveel voornemende kopers aan om gebruik te maak van ‘Your Property Journey’ op die Just Property webtuiste. “Dit bevat alles wat ’n eerste-keer-koper van bewus moet wees (en is ’n goeie beginpunt vir verdere gesprekke en navorsing).”

Dit is ook ’n goeie idee vir kopers om Just Property se Kopers Mandaat te oorweeg. Dit verseker dat kopers die toegewyde fokus van ’n professionele eiendomskenner ontvang met ’n rykdom van ondervinding en kontakte, wat hul stap vir stap kan bystaan na die soektog van hul droomhuis en daarna deur die onderhandelingsproses. Sê Stevens: “As ’n nasionale franchise groep wat dienste aan verskeie kliënte bied vanaf huurders en huiseienaars tot kopers en verkopers, is ons altyd op soek na nuwe maniere wat ons verbeterde waarde kan heg tot ons kliënte se ervarings met eiendom. Kopers is net so pertinent oor ’n eiendomstransaksie as verkopers. So ons bied hul die opsie om deur ’n onafhanklike kenner verteenwoordig te word; iemand wat die verborge slaggate van eiendom-koop sal ontmasker - ’n persoon wat alleenlik daarop gefokus is om na hul regte en belange om te sien.”

Vir verdere inligting, besoek https://just.property/your-property-journey/

Just Property - LET'S OPEN DOORS