Just Property

0/3

Blog

Emigreer Jy, Maar Het Besluit Om Nie Jou Huis  In Suid-afrika Te Verkoop Nie?

Emigreer Jy, Maar Het Besluit Om Nie Jou Huis In Suid-afrika Te Verkoop Nie?

26 April 2021

Beplan jy ’n avontuur na verre oewers om jou daar te vestig, maar wil graag jou huis en ander moontlike eiendom in Suid-Afrika behou? Paul Stevens, uitvoerende hoof van Just Property, deel sy wyse raad oor hoe jy kan verseker dat jou bate(s) jou met die beste inkomste kan voorsien, sonder die kopseer om ’n praktiese verhuurder te wees.

Eerstens, hoe moet jy die potensiële verdienste van die besit van die eiendom opweeg teen die koste van onderhoud wanneer jy die verhuring van ver af moet bestuur? “Die huurmark is tans onder enorme druk as gevolg van hoë vlakke van werkloosheid, werkonsekerheid en swak kredietgraderings van verskeie huurders. Dit is 'n belangrike besluit wat geneem moet word deur insig in plaaslike marktoestande te bekom,” waarsku Paul Stevens, uitvoerende hoof van Just Property.

Stevens sê die beste manier om die regte besluit te neem, is om aan jouself die volgende vrae te stel:

  • Het ek die likiditeit nodig wat ek nou kan bekom indien ek tans die eiendom verkoop, of kan ek dit bekostig om aan die eiendom vas te hou totdat ek seker is dat ek nie weer na Suid-Afrika sal terugkeer nie?
  • Wat sal die verwagte bedryfskoste van die eiendom wees? Dit sluit onder andere byvoorbeeld tariewe en belasting, instandhouding van die eiendom, versekering en agentonkostes in.
  • Wat is my vooruitsigte om 'n betroubare huurder te verkry teen 'n huurtarief wat my uitgawes sal dek, asook om ‘n fonds te help opbou vir onderhoud en onvoorsiene uitgawes?
  • Watter huurgeleenthede is tans beskikbaar vir my in die huurmark om dit ten gunste van myself aan te wend? (Stevens stel voor dat jy lang- en korttermynverhurings ondersoek, studentebehuising, en die omskakeling van verhuring van huise na kommersiële regte.)
  • Wie sal die eiendom en die huurder in my afwesigheid bestuur?

“Afwesige verhuurders” en bewilliging

"Eiendomme met afwesige verhuurders en geen bestuursagente bied 'n hoër risiko as dié wat nouer bestuur word," erken Stevens. “Daarby gesê, die bewilliging van grond en eiendom word deur politici gebruik as 'n manier om stemme te bekom deur vrees te wek, maar Suid-Afrika se grondwet is van die sterkstes ter wêreld. Dit beskerm sy burgers en sorg dat die regte prosesse gevolg moet word.” Om hierdie proses te verstaan, tesame met die plaaslike owerheidsdoelstellings, asook inisiatiewe vir stadsbeplanning, is van kardinale belang om die risiko deeglik te verstaan oor of jou eiendom bewillig kan word, voeg hy by.

DIY teenoor die gebruik van ‘n besturende agent

Die gemoedsrus wat jy verkry deur huise plaaslik te laat bestuur word, is iets wat die meeste eienaars wat buitelands woon baie waardeer, sê Stevens: “’n Uitstekende bestuursagent handhaaf positiewe verhoudings met die huurders (en bure), help om die eiendom te onderhou en bestuur finansiële aspekte soos huurinvordering en die betaling van nutsdienste.” Hierdie aangeleenthede kan moeilik en tydrowend wees om vanaf ‘n afstand bestuur te word.

“Jy mag dalk dink dat jy geld kan bespaar deur jou verhuring van ver af te bestuur, maar dit is 'n valse ekonomie. 'n Ervare bestuursagent wat die eiendom en die huurder gereeld onder oog hou, kan klein sake hanteer voordat dit groot probleme word,” waarsku hy. 'n Onlangse Google My Business-oorsig van 'n oorsese verhuurder som die waardeproposisie perfek op: “Dit is al meer as tien jaar van uitstekende diens wat ek geniet. Met drie huurbestuursooreenkomste het ek nog nooit eens die kleinste van probleme ervaar nie. Ek is 'n belegger vanaf die buiteland en is meeste van die tyd nooit in Suid-Afrika nie. Just Property het nog altyd meer gedoen as wat van hul verwag word, verskaf nooit verskonings nie, is altyd tot die punt en reageer stiptelik op enige vrae wat ek het. Daar was uiters min tot geen verandering in personeel nie, wat boekdele spreek oor die span en die bestuur. Dit het selfs gedurende uiterste situasies gegeld. Ek het plakkers in een van my woonstelle gehad wat nie deur Just Property bestuur is nie, en hulle het steeds gehelp. Dit is deesdae skaars om sake-etiek van hierdie standaard te vind...Dankie vir 'n dekade van gemoedsrus.”

Stevens merk op dat hy self gesien het hoe DIY huiseienaars hul vingers verbrand het deur die volgende foute te maak:

  • Die gebruik van generiese of verouderde huurooreenkomste
  • Die Insluiting van onwettige klousules in hul huurkontrakte
  • Die oorweging van huurders op diskriminerende maniere
  • Nie die in- en uitgaande inspeksies doen nie, omdat hul hulself in die buiteland bevind
  • Deur van ongepaste huurders ontslae te raak op maniere wat nie in lyn met SA wette is nie
  • Die versuiming om deposito's korrek te belê en dit op onwettige maniere te gebruik.

Just Property het die huurmark al meer as twintig jaar op nasionale vlak oorheers en Stevens praat met gesag nadat hy baie foute deur onervare eienaars opgemerk het wat die verhuring self probeer bestuur het - en later sy hulp ingeroep het om die gemors te help uit te sorteer.  

Dit is dus nie verbasend dat hy hom beywer deur 'n bestuursagent aan te beveel nie. Hy raai jou aan om 'n voornemende bestuursagent te oorweeg op grond van die volgende sleutelareas wat huiseienaars gemoedsrus kan bied:

  • Huurder keuring
    Doen hulle streng krediet-, indiensnemings- en bekostigbaarheidskontroles? Die proses moet identiteitsversoening met 'n kredietburo, 'n identiteit en oorledende ondersoek by binnelandse sake insluit, asook 'n ondersoek teen bedrog en strafregtelike skuldigbevinding vanaf die SAPD-databasis, en verder ook bankrekeningverifikasie, karakterverwysings en verbruikers- en leningrekeningkontroles, insluitend vonnisse of wanbetalings.

  • Deeglike en omvattende kontrakte
    Hierdie kontrakte moet verseker dat alle partye beskerm word en duidelike en omvattende bepalings en voorwaardes bevat. Vra jou voornemende agent of 'n regsfirma die kwaliteit van die huurkontrak onderskryf het.

  • Finansiële besturing
    Jy wil 'n agentskap hê wat betalings vinnig en akkuraat verwerk. Vind uit of jy volledige transaksiebeheer op hul stelsel sal hê en of dit aan die regte regulasies voldoen. Versorg hulle alle maandelikse betalings (nutsrekeninge, tariewe, ens.) namens jou? Hoe hanteer hulle die wanbetaling van huurgeld?

  • Inspeksies en instandhouding
    Hoe gaan hierdie hanteer word? Wie het hulle as verskaffers om na onderhoudswerk om te sien?

  • Versekering teen wanbetalende huurders
    Bied die agentskap dit aan? Hulle behoort. Just Property se RENTSECURE-versekeringsproduk, wat 3,5% van die maandelikse huurprys kos, bied drie maande dekking in geval van wanbetaling, een maand dekking vir ontwykende huurders en tot R50 000 dekking vir regskostes wat verband hou met die uitsettings van huurders.

  • Kommunikasie
    Indien jy ver van jou eiendom woon (soos in die buiteland), wil jy tog die versekering hê van uitstekende kommunikasie, maar jy wil ook nie deur strooipos gebombardeer word nie. Vra watter verslae op versoek verskaf kan word, sê Stevens. “Dit sal jou ’n baie goeie idee gee van die agentskap met wie jy te doen het. Hulle moet, indien nodig, aktiwiteitsverslae, insae- en uitgangsinspeksieverslae, asook tussentydse inspeksieverslae, opstel.

"Dit is belangrik dat jy hierdie dek voordat jy 'n bestuursagentskap aanstel," waarsku Stevens. “Jy betaal vir hierdie diens en jy moet seker wees dat jy waarde vir jou geld kry en die nodige gemoedsrus het dat daar deeglik na jou eiendom omgesien word terwyl jy weg is. Met 'n sterk huuragent in plek, kan jy jou nuwe avontuur in die buiteland geniet met die wete dat jou huis geld verdien en gereed sal wees vir jou wanneer jy terugkom Suid-Afrika toe - wat ons hoop jy wel sal doen, "sluit hy af.

 

Besoek www.just.property vir verdere inligting oor Just Property of skakel (087) 550 2258.

Volg Just Property op Facebook en Twitter

Just Property

Let's Open Doors