Just Property

0/3

Blog

Share Post
Beïnvloed Sosiale Media Die Eiendomsmark?

Beïnvloed Sosiale Media Die Eiendomsmark?

24 April 2018

”Persepsies van plekke…word beïnvloed deur die manier hoe hul in die media verteenwoordig word.” So het M Boisen, K Terlouw en G Bouke geskryf in The selective nature of place branding and the layering of spatial identities wat in die Journal of Place Management and Development gepubliseer is.

Navorsers CE Carroll en M McCombs het gevind dat hoe meer blootstelling daar is, hoe groter is die publieke bewustheid, en dat die publiek op mediadekking staat maak. Dus, hoe meer positief die nuusdekking is, hoe meer positief sal die publieke persepsie ook wees.

CM Hall het geskryf in Current Issues in Tourism dat die media ’n “baie groot rol speel om verbruikers se beeld van ’n bestemming te vorm…of direk deur daarvan te lees, te luister of te kyk, of indirek deur die raad wat gegee word deur vriende, familie of ander bronne.”

Dit is regverdig om aan te neem dat hierdie “ander bronne” sosiale media insluit. So kan sosiale media dus die publiek se perspesie van stede, woonbuurte of areas binne hierdie woonbuurte beïnvloed? Kan gemeenskapsgedrewe openbare betrekkinge deur gesprekke of sosiale media ’n invloed op eiendomspryse hê?

Paul Stevens, die Hoof Uitvoerende Beampte van die nasionale eiendomsagentskap Just Property, sê dat hy beslis die impak van sosiale media oor die persepsies van ’n gebied ervaar het. Stevens verwys na die ingesteldheid van kopers in ’n area: “Hierdie is ’n bron wat onder benut word om die aanvraag na eiendom te dryf, en dus die waarde van jou eiendom. Dit is ook iets wat die gewone man en vrou op straat kan beïnvloed, in teenstelling met fiskale besluite.”

Gedurende September 2017 het Business Tech beraam dat 16-miljoen Suid-Afrikaners van Facebook gebruik maak. Terwyl tradisionele media fokus oor die “slegte nuus” in areas, versterk sosiale media gemeenskapsgroepe meer die “goeie nuus”. Dink aan ’n Facebook groep van moeders, soos The Village, met meer as 10,000 lede. ’n Lid plaas dat sy na ’n nuwe area getrek het en vra ander lede watter nabye skool bes gepas sal wees vir haar spesifieke kind. Indien die oorweldigende reaksies van moeders wat in die area woon ’n spesifieke skool begunstig en die skool se akademiese, kulturele en sport prestasies verkondig, dan sal daardie skool se beeld in die oë van ander lede aansienlik styg.

Wat nie so oënskynlik is nie, sê Stevens, is dat die area ook bemark word. Al die ouers wat aan die groep behoort besef dat daar ’n uistekende skool in hul gebied is. Dit word al meer aantreklik en wenslik vir hulle.

Soortgelyk sal ’n entoesiastiese buurtwag WhatsApp-groep en/of Facebook gemeenskapsblad vir ’n spesifieke residentiële nodus ’n sterk gevoel van beskerming en aanvaarding tussen inwoners aanmoedig. En terwyl so ’n forum natuurlik misdaad in die gebied sal bespreek, sal hul suksesse om misdaad te stuit verkondig word. Hierdie op sy beurt projekteer die beeld dat die gemeenskap beheer geneem het. Sekuriteitsmaatskappye word tot hoër standaarde gehou deur die druk van die getalle, buurtwagpatrollies word organiseer, fondse word ingesamel vir die installasie van kameras, en dit word ’n selfvervulende profesie. Die area is inderdaad veiliger. Woord daarvan word versprei, en die nodus se reputasie word bevorder.

Dit is dus nie verbasend om te hoor dat indien ’n area meer aanloklik word, dat huispryse dan ook verbeter nie. Stevens bevestig hierdie en gebruik Somerstrand in Port Elizabeth as ’n voorbeeld.

Die woonbuurt het nog altyd sy aanhangers gehad - neem in ag dat dit reg op die strand geleë is en ’n unieke samevatting van rustigheid en energie geniet. Maar dit het ook sy teenstanders gehad. Skole soos Grey en Collegiate was histories as beter opsies gesien, daar was ’n persepsie dat klein misdaad aan die orde van die dag was, dit het het ’n reputasie as raserig gehad omdat dit so naby die universiteit is…”Dit het als verander,” sê Stevens, “en huispryse het daarvolgens gestyg.”

Stevens skryf die positiewe traksie wat Somerstrand verkry het aan sosiale media aktiwiteite toe wat die leefstyl wat die woonbuurt bied vertoon het met gebeure soos die Iron Man en Richard von Wildemann se marathon ski rit vanaf Kaap Recife.

“Terselfdertyd het Atlas Security ook hul teenwoordigheid in die woonbuurt verhoog, en inwoners het op sosiale media kommentaar gelewer oor inisiatiewe soos hul Dedicated Patrol Vehicles, die installasie van CCTV kameras by belangrike plekke, en die vennootskap tussen inwoners en die SAPD.” Hy sê dat Atlas se misdaadverslae hoogs “deelbaar” is met maandelikse grafiese inligting wat op WhatsApp-groepe en Facebook geplaas word.

“Die plaaslike hoërskool (Pearson) het groot veranderinge tot sy kampus sowel as akademiese en sport resultate aangebring…weereens, alles op sosiale media verkondig. Aktiwiteite soos hierdie verander sentimente en persepsies, wat die woonbuurt meer aanloklik maak vir persone wat deur leefstyl-faktore gemotiveer word. Eienaars van eiendom het enorme krag in hul hande en op hul fone!” sluit Stevens af.

Vir meer inligting oor Just Property besoek gerus www.just.property of skakel (087) 004 0149.

Just Property - LET'S OPEN DOORS